EntertainmentLifestyle

Kerk hou basaar

Die Hervormde Kerk, Witbank-Noord hou bazaar!

Die Hervormde Kerk, Witbank-Noord hou bazaar.

Die bazaar vind op 1 April by die kerk op die hoek van Palm- en Elsstraat in Die Heuwel plaas en begin om 07:00.
Die dag se feestelikhede sluit ’n 3km pretdraf in. Inskrywingsfooi is slegs R20 en daar is pryse vir die eerste, tweede en derde plek.

Dan is daar ook ’n lekker skattejag waar jy geldpryse kan wen.
Moenie die lekker kosstalletjies en die kunsstalletjies mis nie.

Kom geniet gerus ’n koppie tee of koffie in die teetuin en kom smul aan die heerlike gebak, koeke en poedings.
Skakel vir Sandra Maritz, skriba van die Hervormde Kerk Witbank-Noord: 081 568 1480 of 013 650 0306 vir enige navrae.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button