Kom kuier saam met die Bobaasbloues en Robbie Wessels!
HTS Witbank se Ondersteunersklub bied op Vrydag, 14 September ‘n buitelugkonsert aan met Robbie Wessels.

HTS Witbank se Ondersteunersklub bied op Vrydag, 14 September ‘n buitelugkonsert aan met Robbie Wessels.
Die dag skop om 14:00 af met ‘n potjiekoskompetisie en ‘n vertoning deur die gimnaste van Akro-gimnastiekklub.
Om 18:00 gaan plaaslike sanger, Stan Kruger, die feesgangers vermaak gevolg deur die hoofvertoning deur Robbie Wessels.
Heerlike pannekoek, boereworsrolle en potjiekos van die potjiekoskompetisie asook allerhande lekkernye sal te koop aangebied word.
Daar gaan ook ‘n gesellige bietuin wees, maar feesgangers is welkom om hulle eie piekniekmandjie en koelboks te bring teen R100-kurkfooi per houer. Oulike pryse is op die spel vir die wenners van die potjiekoskompetisie en verskeie springkastele sal die jongspan vermaak.
Die dag beloof bobaasvermaak vir die hele gesin. Kaartjies is slegs R120 per persoon en kinders o.13 het gratis toegang, feesgangers moet asseblief net hul eie kampstoele saamneem.
Kaartjies is tans beskikbaar by HTS Witbank, Janna’s Biltong, Catalinoz en Aqua Pura by Ben Fleur Boulevard. Kontak gerus vir Olga Bester om in te skryf vir die potjiekos kompetisie – 082 572 2704.
Skakel gerus vir Arnold du Plessis vir kaartjieverkope en meer inligting – 082 445 7579.
