Wilma is voorsitter van die jaar
Die VLU Nocturne-tak het hul winterwarmprojek afgeskop en gebreide mussies en handskoene uitgedeel.
Die VLU Nocturne-tak het met die hele sak ‘lemoene’ vorendag gekom en vertel hulle voorsitter is die beste voorsitter in die Carpe Diemstreek.
Wilma van Zyl, wat die tak met ’n ferm hand en ’n hart vol liefde lei, is tydens die streek se funksie aangewys as die voorsitter van die jaar.
Die prestasies het egter nie daar opgehou nie, want Lenie Swan, ook ’n trotse lid van die tak, is gekroon as die beoordelaarsameroeper van die jaar.
Liefde was in die lug by die VLU Nocturne-aandvergadering
— WitbankNews (@WitbankN) February 9, 2026
Sien foto’s hier: https://t.co/i8GyINgAEx#WitbankNuus #Witbank #VLU
Op 16 April het die lede by HTS bymekaargekom vir hul maandelikse vergadering, en hierdie keer was lemoene die groot besprekingspunt.
Dit was egter nie net ’n gewone geselsie nie; die fokus was op kreatiwiteit en geur.
LEES MEER Nocturne praat ‘gekruide’ taal
Laura Willer het aan die lede gedemonstreer hoe om naeltjies in lemoene te druk om ’n tradisionele en lekkerruik pomander (reukbal) te maak.
Dit het nie net die lug met ’n vars geur gevul nie, maar ook weer eens bewys dat die dames van Nocturne altyd lus is vir leer en pret.
LEES MEER VLU Nocturne dames delf in blomversorging
Die tak het ook hul winterwarmprojek afgeskop en gebreide mussies en handskoene aan die lede uitgegee om uit te deel aan dié wat dit nie kan bekostig nie.
SIEN DIE FOTO’S HIER





































Die tak is ook besig met hul besondere uitreik projek, ‘Love-jar’ – lede pak bottels vol macaroni, souse en ander bestanddele wat ’n voedsame maaltyd vorm wat aan behoeftiges uitgedeel word.
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za
