SR015656

KENNISGEWING VAN DIE KONSTRUKSIEWERK VIR DIE OPGRADERING VAN DIE BREEKWATERPROJEK EN SLUITING VAN DIE ALKANTSTRAND- STRANDFASILITEITE BY UMHLATHUZE PLAASLIKE MUNISIPALITEIT, KWAZULU-NATAL PROJEK LIGGING
Transnet Nasionale Hawe-owerheid (TNPA) stel die konstruksie van die mariene werke voor vir die opgradering van die Noordelike en Suidelike Breekwaterstrukture (nuwe dolosse) in die Hawe van Richardsbaai, uMhlathuze Plaaslike Munisipaliteit, KwaZulu-Natal. Die Suidelike Breekwater is aan die suidekant, binne die Hawe gele, terwyl die Noordelike Breekwater aan die noordekant, by die Alkantstrand- strand, gele is.

KORT PROJEK-AGTERGROND EN BESKRYWING
Die breekwaterstrukture is ontwerp en gebou as puinhoopstrukture wat beskerm word deur dolosse. Hierdie strukture behoort aan TNPA vir die veilige navigasie van skepe na die Hawe. Die projek behels die herstel en opgradering van dele van die Noordelike en Suidelike Breekwaterstrukture, die beskadigde dolosse sal verwyder word. Hierdie werk is nodig sodat TNPA veilige toegang vir die skepe tot die Hawe van Richardsbaai kan bly bied. Tydens die uitvoering van die werke in die Noordelike Breekwaterstruktuur, sal sommige van die strandfasiliteite, vir die duur van die projek, nie toeganklik wees nie.

PUBLIEKE DEELNAME
i. `n Gedeelte van die dolosse by die Noordelike Breekwaterstruktuur van Alkantstrand, het gedenkplate aangeheg. Die families wat verantwoordelik is vir hierdie gedenkplate word versoek om na vore te kom en die gedenkplate te verwyder. Indien die gedenkplate nie binne 30 dae na hierdie kennisgewing verwyder word nie, sal TNPA die betrokke gedenkplate na die bestaande betonmuur op die pier verskuif.
ii. Sommige van die strandparkeerareas en die strand-ablusiegeriewe sal vir die duur van die projek (Julie 2026 tot Desember 2028) ontoeganklik wees. Vir verdere inligting, kontak asseblief die onderstaande persoon:
Mnr. Simphiwe Mthembu
Projekbestuurder Hawe van Richardsbaai
Tel: 035 905 4636
Sel: 066 395 7878

12-06-2026

Reference Number: SR015656

View All Classifieds View Legal Notices Entries

Back to top button