NewsSchools

Hokkie bokkie by Dinamika

Danielle Lubbe (16) speel al van Graad R af hokkie. Sy was verskeie kere die kaptein van haar span en al verskeie toekenings verwerf.

BRACKEHURST – Danielle het hierdie jaar vir die tweede en eerste hokkiespan van Dinamika gespeel. Sy speel ook “action” hokkie en het medaljes verower.

Sy het as 0.16 speler al vir die tweedespan uitgehelp met hul liga eindstryd. Sy het verlede jaar 28 doele vir die seiesoen aangeteken.

Sy oefen weekliks by Braam van Wyk jnr en help ook soms by die tegniese tafels. Sy het op 4 Mei ook haar afrigtingskursus suksesvol voltooi.

Danielle het in 2011 haar “umpire” kursus suksesvol gedoen. Sy was hierdie jaar genomineer om o.16 Girls IPT Potchefstroom vanaf 30 June tot 6 July te blaas. Sy is egter toe genomineer om in Pretoria by Afrikaanse Hoër Meisieskool, te gaan blaas vir IPT o.18s, tydens die skoolvakansie.

Dit was ‘n groot eer omdat sy slegs 16 is. Sy het goeie terugvoer ontvang en is klaar op die lys vir volgende jaar se nominasies.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button