NewsSchools

Hoërskool Alberton leerder presteer

Hoërskool Alberton leerder presteer met ses onderskeidings en verskillende pryse.

ALBERTON – Nerissa Veldman het ses onderskeidings in haar eindeksamen vir Afrikaans, Engels, rekeningkunde, wiskunde, lewenswetenskappe en lewensoriëntering behaal.

Sy het ook akademiese pryse ontvang: die trofee vir die beste akademiese prestasie in graad 12, vir die beste letterkunde-prestasie in die rekordeksamen (95 persent), die BDO trofee vir die beste algehele prestasie in graad 12 vir rekeningkunde, ‘n trofee vir die beste prestasie in die rekordeksamen in rekeningkunde (90 persent) en DUX-Leerder vir 2013.

Sy behaal ook ‘n prestasie in leierskap: sy het gedien op die Uitvoerende Raad van Leerders.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button