NewsSchools

Marais Viljoen top swemmers

Marais Viljoen se swem-leerders het hulself in 'n hoër liga ingeswem.

Marais Viljoen se swemspan gaan van krag tot krag en het hulself hierdie jaar in ‘n hoër liga ingeswem nadat hulle die Interhoër gala, B-liga gewen het. Die Interhoër is op 3 Maart gehou en die swemspan skuif nou op na die tweede afdeling van die A-liga.

Die volgende leerders het in hul items uitgeblink en dring deur na die Prestige byeenkoms:

*Hanna Rathbone (o.14 meisies) – Wen 200m individuele wisselslag, 50m vlinderslag en 50m vryslag.

*Dylan Wiid (junior seuns) – Wen 200m individuele wisselslag.

*Chayenne Barros (o.16 meisies) – Wen 50m vlinderslag, tweede in meisies ope 200m vryslag.

*André Laubscher (o.17 seuns) – Wen 200m individuele wisselslag, 50m rugslag en 50m vlinderslag.

*Nathan Smook (o.17 seuns) – Wen 200m vryslag en ope seuns 50m vlinderslag en 50m vryslag.

*Nicole Frey (o.17 meisies) – Wen senior meisies individuele wisselslag en 50m vlinderslag.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button