Local newsNews

VLU Brackenhurst se plantekunde kweek aan

Die VLU Brackenhurst-tak het op 20 September bymekaar gekom en die gasspreker, Robert Winter, het sy plante kennis en geheimpies met hulle gedeel.

ALBERTON- Tydens die VLU Brackenhurst se September byeenkoms op 20 September het die gasspreker, Robert Winter, sy kennis en geheime oor plante met die dames gedeel.

Robert is al 10 jaar lid van twee tuinbouklubs in Johannesburg en kweek plante met steggies. Hy het die dames gewys hoe om ’n kweekhuis te maak uit ’n plastiek koeldrankbottel en die dames vertel dat hulle Engelse sout in plaas van duur rooskos kan gebruik.

Tydens sy demonstrasie het Robert ook gewys hoe om steggies te sny en sodoende rose, fucias, laventel en roosmaryn te kweek. Die tak het Nancy Faust as nuwe lid verwelkom en die voorsitster, Suzie du Plooi het ook ’n verslag oor die VLU kongres gelewer.

Vir meer inligting oor die VLU of om aan te sluit skakel Anita Liesching by 083 457 6332.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button