NewsSchools

Kleingoed is reg vir die groot skool

Die kinders was lekker bederf met skoolsakke en skryfbehoefdes vir volgende jaar by die "groot skool".

LIGSTAD se speelgroep/Graad R klas het onlangs hul gradeplegtigheid, en sommer ’n lekker vertoning ook, gehou.

Op 25 November het die kinders vir familie gewys wat hulle op die verhoog met indrukwekkende dansoptredes kan doen, gevolg deur hul gradeplegtigheidsseremonie.

GRAAD R GRADUERING: Die Graad R’e op die verhoog met hul oulike gradueringsklere.

Die kinders was lekker bederf met skoolsakke en skryfbehoefdes vir volgende jaar by die “groot skool”.

“Die laaste gedeelte van die aand was seker die beste vir die opgewonde kinders toe hulle hul Kersgeskenke gekry het,” het Daniel Viljoen, hoof van Ligstad Skool, gesê.

VERRAS: Pappas, mammas en ander familielede was lekker verras deur die kleingoed se optrede.

“’n Baie groot dankie and die skenkers van die Kersgeskenke, naamlik Raceview Motors, Ascot Bedding and Furniture en die VLU Wildekastaiing-tak, sowel as almal wat hierdie wonderlike geleentheid moontlik gemaak het,” het Daniel bygevoeg.

KYK:

Lees Ook:

Hykie Berg kuier by Ligstad

Pre-school opens at Ligstad

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Related Articles

Back to top button