Allies kokke kan lekker kook by Vinkel en Koljander-kombuis
Hoërskool Alberton hoop dat talle leerders in die toekoms ’n passie vir kosmaak in die nuwe Vinkel en Koljander-kombuis sal vind.

DIE openingsaand van die nuwe Vinkel en Koljander kombuis by Hoërskool Alberton, op Dinsdag, 7 Augustus, was gesellig en smaaklik.
Verskeie onderwysers, onderwyseresse en lede van die skool se beheerliggaam was uitgenooi om die nuwe kombuis in te wy. Die kombuis, handig vir die skool se verbruikerstudies-vak, het vele kombuisware en –toerusting om leerders die kans te gee om hul kulinêre kreatiwiteit te ontdek en te verken.

Leerders van die verbruikerstudies-vak het na skool op die middag van die opening ’n paar heerlike disse voorberei wat die aand vir gaste van die byeenkoms voorgesit is. Met ’n bietjie hulp van die onderwysers, het hulle alles self uit rou bestanddele gebak en gekook.

Hul fynproewer-disse het onder andere frikkadelrolletjies (hamburgers), aartappelskyfies en alkoholvrye garnaalkelkies ingesluit. Die gaste het heerlik gesmul.
Hoërskool Alberton hoop dat talle leerders in die toekoms ’n passie vir kosmaak sal vind in die nuwe Vinkel en Koljander kombuis.

Lees Ook:
New church leader welcomed at induction breakfast
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.