Local newsNews
Dinamika onderwysers ontvang vak pryse
Elna Tomes en Marizelle Theron het die Godfrey Pitje Academic Excellence Award ontvang.
Twee onderwysers van Hoërskool Dinamika het op 10 Maart die Godfrey Pitje Academic Excellence Award ontvang vir die beste onderwyser in hul vak in die metropool.
Elna Tomes ontvang die toekenning vir wiskunde en Marizelle Theron vir fisiese wetenskap.
“Hierdie toekennings en ons onlangse puik matriekuitslae strook met Dinamika se visie om leerders te bemagtig vir hul toekoms,” het Johan Schutte, hoof van Dinamika, gesê.
“Ons is ook baie trots om aan te kondig dat Dinamika een van twee skole in die Ekurhuleni-distrik is wat genader is om Kernwetenskap as vak, in samewerking met die department, aan te bied.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



