Local newsNews

Lede leer komberse maak

Dinwiddie VLU nooi vroue uit om hulle maandelikse vergaderings by te woon.

VLU-lede van die Dinwiddie VLU-tak het op 22 April ‘n gesellige samekoms by die NG Kerk Verwoerdpark gehad.
Dit was die eerste groot samekoms vanaf die uitbreek van die Covid-19 pandemie.
Magriet van der Walt, voorsitter, het almal hartlik verwelkom en die oggend was met ‘n Christelike liedjie vanaf Bebe Geldenhuys se selfoon oopgemaak.
Karen Makin en Cheryl Maré was geluk gewens met hulle verjaarsdae en hulle het ook elkeen ‘n pakkie ontvang.
Die VLU se sanger van die jaar is Karen Zoid en Priscilla Atkins het lede bietjie meer oor haar vertel.
Na afloop van al die VLU-sake het Corrie Raubenheimer en Cheryl ‘n pakkie aan elke lid uitgedeel en vir hulle verduidelik hoe om ‘n kombers te maak sonder naald en garing.
Lede kon elkeen met twee stukke fleece materiaal leer hoe om ‘n kombers te knoop.
Die volgende VLU-vergadering vind op 20 Mei vanaf 9vm vir 9.30vm plaas en belangstellendes kan Priscilla skakel by 079 817 9633.

Related Articles

Back to top button