Local newsNews

Alberton Aftree-Oord vereer hul 90 plus inwoners

Alberton Aftree-Oord se inwoners ouer as 90 jaar was genooi na ‘n spoggeleentheid in die aftree oord se saal op 21 April.

Agt inwoners ouer as 90 het die geleentheid bygewoon. Die oudste inwoner, Wally Hunter, het die jaar 94 geword.

Die Alberton Raad Van Bejaardes (ARVB) het die geleentheid gereël en tydens die geleentheid het hulle hul dankbaarheid teenoor die seniors uitgespreek oor wat hulle en hul generasie vir die samelewing gedoen het.

ARVB wil baie dankie sê vir Johnny’s Catering wat dit moontlik gemaak het vir die inwoners om ‘n smaaklike ete te geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button