Local newsNews
Vroue kuier heerlik by VLU vergadering
VLU-vroue leer meer oor dot art (kolletjie kuns).
Dinwiddie VLU-lede het op 20 Mei hulle maandelikse vergadering by die NG Verwoerdpark Kerk gehou.
Die vergadering is met die VLU-gebed deur Cheryl Maré geopen en daarna is die tak se sake aan lede voorgelees en verjaarsdae dames is geluk gewens.
Priscilla Atkins het oor die soetdoringboom gepraat terwyl Cheryl lede meer van krytverf (chalk paint) vertel het.
Elke vrou kon tydens dié vergadering ‘n CD dot art (kolletjiekuns) wat hulle dan kon huis toe neem. Priscilla en Corrie Raubenheimer het lede wysgemaak oor die kuns.
Die volgende vergadering vind op 17 Junie plaas en belangstellendes kan Priscilla by 079 817 9633 skakel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!













