Local newsNews

Brackenhurst Blommeklub vergader

Pierre Jacobs het by Bracken Blommeklub gekuier.

Vir die eerste keer na 14 maande kon die lede van die Bracken Blommeklub weer hulle maandelikse vergadering op 19 Mei by die NG Brackenhurst Kerk hou.
“Julle is so welkom en dit is fantasies om julle almal weer te sien,” het voorsitter Sandra Labuschagne gesê.
Sy het die vergadering met twee gebede geopen en toe taknuus met die lede gedeel. Daar was 14 lede en een gas teenwoordig.
Pierre Jacobs, president van die Gauteng Flora-unie, was die gas by dié maand se vergadering en het lede betower met sy alternatiewe werktuigkundige tendense.
Dié volgende vergadering vind op 23 Junie by die NG Brackenhurst Kerk om 9.30vm plaas.
Vir meer inligting oor dié klub of om ’n lid te word, skakel Priscilla Atkins by 079 817 9633.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button