Inwoners dankbaar vir skenkings
VLU-lede oorhandig skenkings aan die SAVF Anker Ouetehuis.
Dinwiddie se VLU-lede het onlangs die SAVF Anker Ouetehuis in Germiston besoek.
“Al ons lede het toiletware, gesiglappies en tandeborsels aangekoop om te skenk.Van ons dames het ook bedsokkies gebrei en Hilary Lubbe het soos altyd uitgeblink en die meeste sokkies gebrei. Pakkies vir elke inwoner is deur Margie van der Merwe opgemaak,” het Priscilla Atkins, skakelbeampte van dié tak, gesê.
Tydens die besoek het lede donasies van toiletware aan die bestuurder, Martie Otten, oorhandig.
“Ons gee nog altyd elke jaar ietsie terug aan die inwoners van die Anker Ouetehuis,” het Atkins gesê.
Tans vergader lede deur middel van WhatsApp weens die nasionale inperkingsreëls.
“Ons het op 19 Augustus telefonies vergadering gehou en dit was heerlik om weer met almal op te vang,” het Atkins vertel.

Agter: Esta Holtzhausen, Margie van der Merve, Priscilla Atkins en Martie Otten.



