Hannes en Charmaine deel bykosresep
Jy hoef nie meer te wonder oor wat om as 'n bykos saam met jou braaivleis te bedien nie.
Hannes en Charmaine Meintjes van The Braai Shack in Tweedelaand in Verwoerdpark het dit goedgedink om hulle watertand bykosresep met lesers te deel.
“Ons vier dan nou ons erfenis die maand en ek glo meeste Suid-Afrikaners gaan braai,” het Hannes gesê.
Charmaine het vertel dat die resep nie net baie lekker is nie, maar ook maklik en vinnig om te maak.
Die Meintjes se aartappel, spek en kaaskebab
Bestandele
Baba-aartappels
Kaasskywe
Spek
Soet groen of rooi kersies
Sosatie-stokkies
Metode
Kook baba-aartappels tot sag, maar nog ferm en laat dit dan afkoel.
Rol dan die afgekoelde aartappels toe in jou sagte kaasskywe.
Ryg dit toe met jou spekrepe.
Jy kan ook opsioneel ekstra soet groen of rooi kersies op jou stokkie inryg.
Braai dan kebab op die vuur oor lae hitte tot spek bros gebraai is.
Bedien dan saam met jou braaivleis.
• Boodskap van dié twee

“Ons hoop dat inwoners ons resep ook so baie gaan geniet soos wat ons doen. Dit is lekker om ons erfenis te vier en daar is geen beter manier van feesvieringe as om te braai nie,” het Charmaine en Hannes gesê.



