Local newsNews

Lede in hulle noppies om weer te vergader

Bracken Blommeklub se volgende vergadering vind op 20 Oktober plaas.

Lede van die Bracken Blommeklub was in hulle noppies om weer bymekaar te kom op 22 September.

Hulle het mekaar laas in Mei gesien en was opgewonde oor die vergadering.

Sandra Labuschagne, voorsitter van die klub, het die vergadering met gebed geopen en almal verwelkom.
Daarna het hulle lief en leed gedeel.

Sandra Labuschagne, voorsitter van die klub, deel tak-nuus met lede.

Daar was geen demonstrasie by die vergadering nie, omdat lede net eers wou opvang en reëlings tref oor die onsekere tye waarin ons lewe.

Na afloop van die vergadering het almal ’n koppie tee en varsgebakte vingerhappies geniet.

Volgens al die dames is teedrink ’n hoogtepunt van hierdie vergaderings.

In totaal was daar 16 lede by die September vergadering van die Bracken Blommeklub.

As alles goed verloop, kom die klub se lede weer op 20 Oktober by die NG Kerk Brackenhurst bymekaar.
Vir meer inligting, skakel Priscilla Atkins by 079 817 9633.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button