Local newsNews
Kragonderbrekings laat pensioenaris sonder kos
Na elektrisiteitsonderbrekings in Alberton bevraagteken 'n inwoner instandhouding, aanspreeklikheid en hoe pensioenarisse veronderstel is om die situasie te hanteer.
Goeie more,
Dit is met ‘n swaar hart dat ek vandag ‘n e-pos stuur. Ek moes vandag al my vleis en bederfbare kos in die asblik gooi. My yskas het afgeloop. Daar is soveel mense wat nie kos het nie.
Ek is ‘n pensioenaris en kan dit nie bekostig nie. My yskas is nou leeg. Ek hoop opreg dat julle met pensioenarisse sal praat en ook na hul stories sal luister.
Hoe moet ons nou vergoed word? Alberton-kragstasies word nie in stand gehou nie. Lekker om vir niksdoen betaal te word.
Groete,
Elsa
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



