Local news
VLU vroue maak ‘n verskil
Brackenhurst VLU-tak ondersteun die onkologie sentrum by Netcare Alberton Hospitaal.
Brackenhurst Vroue Landbou Unie (VLU) het hul betrokkenheid by die gemeenskap op ‘n betekenisvolle manier getoon deur ‘n besoek en skenkings aan die onkologie sentrum by Netcare Alberton Hospitaal.
Die vroue het onlangs skenkings wat hulle bymekaargemaak het aan die personeel van die sentrum oorhandig.
Vir hierdie vroue is dit van uiterste belang om terug te ploeg in die gemeenskap en by te dra waar hulle kan.
Die onkologie sentrum se personeel het die vroue bedank vir hulle skenkings.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




