Local news

VLU Dinwiddie se jaarlikse prysuitdeling

VLU-vroue word vereer vir hul talente.

Vroue van die VLU se Dinwiddie-tak het op 15 Februarie hulle tweede vergadering van 2024 gehou.

Die tafels was mooi in rooi getooi en elke lid het iets rooi aangehad.

Rina Mowbray.

Hierdie vergadering het ‘n spesiale betekenis gehad, aangesien dit die eerste keer was dat die nuwe voorsitter, Ria van Rensburg, die leisels in die hande gehad het.

Tydens die maandelikse byeenkoms is ook die jaarlikse prysuitdeling gehou, waar vele lede erkenning gekry het vir hul vaardighede en toewyding.

Ria van Rensburg.

Die volgende lede is met pryse vereer:

• Fietjie Moolman het weggestap met pryse vir gebak, gebottelde fudge, breiwerk, hekelwerk, handvlyt en skets. Sy het ook die raakvatter trofee ontvang.

• Rina Mowbray het pryse vir haar handvlyt, borduur, ope kategorie, breiwerk en hekelwerk ontvang. Sy het ook die meeste punte vir haar artikels by die kongres gekry.

• Mariana Human het vir haar naaldwerk 147 punte ontvang.

• Ria van den Tillaard het vir haar skryfkuns 79% ontvang.

• Ria van Rensburg het pryse ontvang vir haar handvlyt, skryfkuns, gebak, gebottelde fudge, breiwerk en hekelwerk. Sy het ook weggestap met 307 punte by die konferensie.

Annetjie Rossouw.

“Baie geluk aan elke lid wat ‘n prys ontvang het. Ons sien julle harde werk raak. Ek hoop om meer lede vanjaar te sien deelneem,” het van Rensburg gesê.

Babie Els.

Lede het ook elkeen ‘n blokkie gehekel en die wie nie geweet het hoe om te hekel nie het vinnig geleer.

Moira Ireland besig met haar hekelblokkie.

Na afloop van die vergadering was daar gesmul aan smaaklike peuselhappies.

Mariana Human.
Ria van Rensburg saam met Fietjie Moolman.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button