Helpende Hand bederf Mothwa-groep
Solidariteit Helpende Hand se Alberton-tak het onlangs lede van Mothwa bederf.
Hoërskool Alberton het hierdie jaar weer Jakkie Louw genooi om by die skool op te tree.
Ronde tafels met plek vir 10 persone is aangebied, en Solidariteit Helpende Hand se Alberton-tak het besluit om ‘n tafel te borg vir 10 senior burgers van Mothwa Haven in die suide van Johannesburg as deel van hulle gemeenskapsuitreikprogram.
Mothwa staan vir Memorable Order of the Tin Hats Women’s Auxiliry.
Die tafel was baie mooi versier en versnapperinge en koeldrank was voorsien tot die brandstof vir die bussie om die lede daar te kry.
Dit alles kon gefinaliseer word met ‘n ruim donasie vanaf die eienaar van Helpende Hand se suster organisasie, Ons Winkel in Alberton.
Die aand met Jakkie was ‘n groot sukses en het die mense se gemoed sommer gelig. Jakkie se vertoning was informeel en het die gehoor betrek.
Die Mothwa-groep het na afloop gesê hulle het die aand baie geniet en waardeer.




