Local news

Alida ontvang Hoopdraer toekenning

Alida Jooste het onlangs die Hoopdraer toekenning van Solidariteit Helpende Hand ontvang.

Maatskaplike werker van Ligstad, Alida Jooste is vanjaar aangewys as die Hoopdraer van die Oos-Rand-streek, ter ere van Internasionale Maatskaplikewerkersdag.

Solidariteit Helpende Hand en Solidariteit se Beroepsnetwerke het 12 maatskaplike werkers regoor die land erken vir hul toewyding aan die bevordering van maatskaplike funksionering in hul gemeenskappe.

Die toekennings is ‘n huldeblyk aan hul passievolle werk en die positiewe impak wat hulle op gemeenskappe maak.

Die Hoopdraers het diep spore van hoop en verandering nagelaat en word bedank vir hul onuitputlike toewyding.

Related Articles

 
Back to top button