Local news

Alida ontvang Hoopdraer toekenning

Alida Jooste het onlangs die Hoopdraer toekenning van Solidariteit Helpende Hand ontvang.

Maatskaplike werker van Ligstad, Alida Jooste is vanjaar aangewys as die Hoopdraer van die Oos-Rand-streek, ter ere van Internasionale Maatskaplikewerkersdag.

Solidariteit Helpende Hand en Solidariteit se Beroepsnetwerke het 12 maatskaplike werkers regoor die land erken vir hul toewyding aan die bevordering van maatskaplike funksionering in hul gemeenskappe.

Die toekennings is ‘n huldeblyk aan hul passievolle werk en die positiewe impak wat hulle op gemeenskappe maak.

Die Hoopdraers het diep spore van hoop en verandering nagelaat en word bedank vir hul onuitputlike toewyding.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button