Local news

NG Kerk Alberton Oos se Dankfees

Kom sluit aan by die dankbare viering saam met die NG Kerk Alberton Oos en geniet 'n naweek van musiek, kos, en geestelike verryking.

Die NG Kerk Alberton Oos nooi die gemeenskap uit na ‘n spesiale Dankfees wat vanaf 5 tot 7 April plaasvind. Hierdie naweek beloof ‘n verskeidenheid van opwindende aktiwiteite vir die hele gesin.

Hoekom ‘n Dankfees?

‘n Basaar, of ‘n karnaval, of ‘n kermis, of een of ander vorm van mark is tradisioneel altyd op kerke se kalenders om fondse vir die gemeente in te samel en om ‘n geleentheid te skep vir die gemeentelede om saam te werk en mekaar te geniet. Dit bou die liefde onderling.

Na die Covid-19 pandemie is dit die eerste keer dat Oosgemeente weer so ‘n geleentheid aanpak.

“Daar het egter so baie dinge in die lewe van die gemeente gebeur waarvoor ons die Here innig dankbaar is dat ons gevoel het hierdie geleentheid moet spesiaal wees,” het ds Corneil du Plessis gesê.

“Die fees moet ook in lyn wees met Oosgemeente se visie: ‘God se liefde dring ons al wyer’.

“Ons kon dus nie anders nie as om hiervan ‘n hele Dankfeesnaweek te maak, met ‘n musiekaand op 5 April, en ‘n Feesmark in die Park op 6 April en ‘n Dankfees erediens op 7 April. Die volledige dankoffer van Sondag se feesdiens sal vir ‘n verdienstelike saak aangewend word.

“Met hierdie Dankfeesnaweek wil ons die hele gemeenskap uitnooi om te kom deel in ons dankbaarheid. Dis vir ons ‘n geleentheid om die gemeenskap te bedien met God se liefde.”

Opsomming van die naweek se verrigtinge:

• 5 April: Kaas-en-wyn musiekaand met Matthys Roets by Ligstad Alberton, Van Riebeeck Straat 32, Alberton Noord om 18:00. Kaartjies is beskikbaar teen R200 per persoon. Besprekings: Sonja by 065 107 5566

• 6 April: Feesmark in die Park op die hoek van Jan Coetzee- en Berghstraat, Florentia vanaf 08:00 tot 16:00.

Aktiwiteite sluit in kosstalletjies, potjiekos, teetuin, skilderye, pret in die park vir die kinders, kunstenaars op die musiekverhoog, veldfietse en pretloop by Alberton Dam Koppies in Bloutulpweg, Verwoerdpark. Bespreek stalletjies by Riana Nel by 083 669 9838

• 7 April: Feesdiens om 09:00 by die NG Kerk Oos. Prediker is Dr Johan Pienaar van Pretoria. Vir meer besonderhede oor hierdie opwindende Dankfees naweek, kontak Sonja by 065 107 5566 of stuur ‘n e-pos na ngalboos@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button