Local news

Susan inspireer lede met haar storie

Brackenhurst VLU-tak kom byeen met inspirerende gasspreker

Die Brackenhurst VLU-tak het onlangs hulle maandelikse vergadering by die NG Brackenhurst Kerk gehad.
Die gasvroue het die saal pragtig versier en heerlike eetgoed voorsien.

Die gasspreker was Susan Ban, ‘n merkwaardige vrou met ‘n ryk lewenservaring. Ondanks haar blindheid, het sy jare lank as deel van die SARS-span op die skakelbord gewerk.

Haar lewensmaat is ook blind en hulle het drie seuns.

Sy het met lede gesels oor die uitdagings om as blinde ouers kinders groot te maak.

Sy vertel hoe sy klokkies aan hul klere moes vaswerk omdat hulle soms vir haar weggekruip het.

Susan het ook haar toekomsplanne gedeel. Sy beoog om ‘n kleuterskool vir blinde kinders in Alberton Noord te stig, ‘n projek wat sy met groot passie nastreef. Susan het ‘n diep impak op die lede gehad en Hannetjie Nolte, die skakelbeampte, het gesê dat sy ‘n inspirasie vir baie is.

Alberton vroue word genooi om maandeliks saam te kom kuier en moontlik by die tak aan te sluit.

“Ons is dinamiese vroue wat onsself op alle lewensterreine van vrouwees wil bekwaam en verryk tot diens aan die gemeenskap,” het Hannetjie genoem.

Die VLU bied aan elke vrou ‘n wonderlike geleentheid om haar uniekheid en talente uit te leef!

Vir meer inligting, skakel Hannetjie by 072 205 0194.

Related Articles

Back to top button