Local news
Emmanuel-groep kom vir die laaste keer vir die jaar bymekaar
Die Emmanuel-groep het 'n goeie jaar van samekoms beleef en sien uit daarna om in die nuwe jaar weer bymekaar te kom.
Die Emmauel-groep se November byeenkoms, wat die afsluiting vir jaar was, was weereens ‘n groot sukses met ‘n heel nuwe kunstenaar.
Die kunstenaar was Marco Steyn wat ‘n uitstaande optrede gelewer het. Hy het ‘n wye spekstrum musiek met die gehoor gedeel en hulle het elke oomblik terdeë geniet.
Na die optrede het die Emmanuel-lede die komitee herkies vir die volgende jaar. Wilna de Beer was as nuwe lid gekies.

Hierna het die lede lekker saamgekuier met heerlike eetgoed, koffie en tee. Die volgende byeenkoms wat in Januarie 2025 sal plaasvind, sal aangekondig word.
Vir verdere inligting kontak gerus vir Marelie Rabie by 082 462 8676.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




