GALLERY: Laerskool Orion blink uit by Alberton Kunswedstryd
Die Ories het sewe eerste plekke, 10 tweede plekke en vyf derde plekke behaal, met drie groepe wat as algehele wenners aangewys is.
Laerskool Orion is skoon breëbors ná afloop van die onlangse Alberton Kunswedstryd.
Die skool se deelnemers het uitstekend gevaar, en al die Ories wat as afdelingwenners aangewys is, het hulself baie goed van hul taak gekwyt.
Ories spog met sewe eerste plekke, 10 tweede plekke en vyf derde plekke.
Die skool is ook geweldig trots op die juniorkoor, grade een tot drie-spreekkoor en grade ses tot sewe-spreekkoor, wat as algehele wenners aangewys is.

Laerskool Orion presteer soos volg:
Afrikaans
Grade een tot drie: Lindi van Jaarsveldt – eerste
Grade vier tot vyf: Ben van Jaarsveldt – tweede en Ben Schwartz – derde
Grade ses tot sewe: Kaylee Quinton – eerste, Miné Ferreira – tweede en Sumay Heymans – derde
Engels
Grade een tot drie: Luhan Hansen – derde
Grade vier tot vyf: Ben Schwartz – tweede
Grade ses tot sewe: Sumay Heymans – tweede
Kuns
Grade een tot drie: Joné Knell – eerste, Leilah Hoffman – derde
Grade vier tot vyf: Adriaan Griebenow – tweede, Vian Hinds – derde
Grade ses tot sewe: Mieke van Rensburg en Kaitlin Dias – tweede
Vokaal
Kesia Katzke – eerste
Backtracks
Kesia Katzke – eerste
Instrumentaal
Ruan Oosthuizen – eerste, Ben van Jaarsveldt – tweede
Dans
Kaylee Quinton – eerste, Mieke van Rensburg en Chloe Harmse – tweede.
Die skool wens al die Ories baie geluk met die besondere manier waarop hulle die skool verteenwoordig het.


















