Local news

VLU-tak Brackenhurst hou soetste vergadering

Die Februarie-byeenkoms was alles heuningsoet en gevul met liefde wat die gaste baie geniet het.

Tydens die VLU se Februarie vergadering het hulle Valentynsdag en heuning gekombineer en sodoende ‘n soete, liefdevolle dag beleef.

Na die deel van lief en leed, vergadering en besprekings het die dames gesellig gekuier.

Met heuning as die Vroue Landbou Unie se produk van die jaar, was daar interesante vertellings oor heuningbye tot die finale goue eindproduk.

Die verjaardaglid, gelukkige program en lootjie wenner ontvang almal hulle geskenke en daarna volg die soek die woorde-speletjie met nog ‘n wennersgeskenk.

Hierna word die dames bederf met verversings wat heuning bevat en natuurlik ook die nodige Valentyns elemente, naamlik teetyd koekies gevolg deur hartvormige waffels met arbeie, heuning, roomys en room.

Vars heuningkoek was ook beskikbaar vir die finale afronding.

Dames wat belangstel om saam te kuier word genooi om die skakelbeampte Hannetjie Nolte te kontak by 072 205 0194 vir meer inligting.

Die tafels was versier in bye en heuning tema. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button