Graad Eens begin hul Randhartreis
Laerskool Randhart het die Graad Een-paddabene met groot opgewondenheid vir hul heel eerste skooldag verwelkom.
Die dag was propvol betekenisvolle aktiwiteite wat daarop gemik was om die leerders gemaklik te laat voel en voor te berei vir die nuwe skooljaar.
Die paddabene het hul skryfbehoeftebokse in die klaskamers uitgepak en só hul eie plekke ingerig vir die groot jaar wat voorlê.
By liggaamlike opvoeding het hulle ’n hindernisbaan aangepak, waarna hulle ook die rekenaarsentrum en mediasentrum besoek het.

Die atletiekuitdunne was groot pret en die Graad Eens het saam met die Ranties geesreuse aansteeklike skoolgees gevang.
Met groot glimlagte, blink ogies en borrelende opgewondenheid het ’n wonderlike nuwe avontuur vir hierdie jong Rantie-leerders begin.




