Trots om Orion leerders te lei
Dit is met groot trots dat Laerskool Orion die skool se hoofleiers vir 2026 bekend stel.
Die dogters is Sumay Heymans, Minke Nagel, MartMari Rautenbach en Minke Scholtz.
Aan stuur van sake vir die seuns is Liam Collen, Hayden Francké, Alejandro Kritzinger en Juandré Spanjer.
Danny Last, verantwoordelik vir bemarking by Laerskool Orion het gesê: “Aan elkeen van julle, geluk met hierdie besonderse aanstelling. Ons wens julle alle sterkte toe met elke taak en verantwoordelikheid wat voorlê.
“Onthou dat ware leierskap lê nie net in voorloop nie, maar ook in saamwerk en luister. Julle word ondersteun deur ’n wonderlike leierspan wat saam met julle gaan bou, dra en groei. Mag 2026 ’n jaar wees waarin julle spore los, vriendskappe verdiep en Orion met trots verteenwoordig. Ons glo in julle.”











