Local news
VLU Brackenhurst dames begin die jaar in styl
Dames in die omgewing word hartlik uitgenooi om die volgende maandelikse vergadering by te woon.
Die VLU-dames van Brackenhurst-tak se jaar is reeds in volle swang en dit het afgeskop met ’n gesellige kuier en spesiale oomblikke.
Die dag het begin met ’n interessante praatjie oor rooibostee en daar was selfs rooibostee-skoonheidsrome vir elke dame.
Die dames het gekuier, gekou, geklets en ook hulle eie parfuum gemaak, gevolg deur koffie en koek.

Handewerk, kunsvlyt en tuisgemaakte konfyt was beoordeel en verjaarsdaggeskenke was uitgedeel.
Dames van die omgewing is welkom om saam te kom kuier by hul maandelikse vergaderings.
Vir meer inligting kontak die skakelbeampte van Brackenhurst-tak, Hannetjie Nolte, by 072 205 0194.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




