Local news
Kom kuier saam en maak nuwe vriende
Emmanuel se onlangse groepbyeenkoms was weereens 'n aangename en suksesvolle geleentheid waartydens die plaaslike kunstenaars Botter en sy seun Tiaan van den Berg opgetree het.
Hy het musiek vanuit die ou dae sowel as moderne tyd van verskeie kunstenaars aangebied en lede het dit terdeë geniet. Na afloop van die vermaaklikhede het almal saam gekuier en heerlike eetgoed, tee en koffie geniet.
Die volgende byeenkoms sal weer by die Alberton LewenSentrum gehou word op 19 Maart om 09:30 vir 10:00 waartydens die bekende kunstenaar Manie Jackson sal optree.
Toegang is soos altyd gratis maar daar sal wel donasies opgeneem word waarmee die kunstenaar vergoed sal word.
Vir verdere inligting skakel gerus vir Marelie Rabie by 082 462 8676.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




