Local newsSchools

Laerskool Randhart bied ’n prestige-koorgeleentheid aan

Laerskool Randhart het vanjaar vir die heel eerste keer in sy bestaan ’n prestige-koorgeleentheid aangebied, waar 12 uitnemende kore oor twee sessies gehore betower het.

Hierdie besondere geleentheid het ten doel gehad om musikale uitnemendheid te bevorder en aan toegewyde koorlede ’n unieke platform te bied om hul talente op ’n hoë vlak ten toon te stel.

Die Linder Auditorium, geleë in die hart van Johannesburg by Wits, is ’n wêreldklas konsertsaal wat bekend is vir sy uitstekende akoestiek en elegante atmosfeer waar elke noot helder en kragtig weerklink.

Met sy ruim sitplek en indrukwekkende verhoog het dit reeds as tuiste vir top internasionale kunstenaars en orkeste gedien, wat dit ’n besondere eer maak vir enige groep om hier op te tree.

Om deel te wees van ’n geleentheid by die Linder Auditorium was nie net ’n optrede nie, maar ’n onvergeetlike ervaring wat leerders se selfvertroue gebou en hulle diep geïnspireer het.

Laerskool Randhart se koor op die verhoog in die Linder Auditorium. Foto: Verskaf.

Laerskool Randhart spog met ’n uitstekende 4.7-ster-gradering op Quicket wat ’n bewys is van die gehalte en impak van hierdie kosbare geleentheid.

Hier volg ’n paar resensies van gaste wat die optredes bygewoon het:

“Soos altyd was dit uitstekend – Johan Bester – jy mag maar. Die klank en die atmosfeer en die reëlings was puik. Baie geluk aan almal. Die kiniders is almal besonders. Elke koor uniek op hul eie manier. Super trots om te sien hoe hard hulle probeer en hoe mooi hulle sing. Baie dankie aan al die Rantie onderwysers ook vir julle harde werk- super trots op almal.” – Thea

“Excellent choirs, conductors and musicians. Throughly enjoyed listening to the different choirs. Johan Bester is só passionate, love his energy.” – Anoniem

“It was amazing. Thank you for letting the audience sing along. It was beautiful and I teared up.” – Anoniem
Die skool wil graag elke organiseerder, dirigent, begeleier en instrumentalis uit die diepte van hul harte bedank vir die voorreg om deel te kon wees van hierdie besonderse geleentheid.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Supplied content

This content originated outside of Caxton Local Media, but we thought that you might find it interesting.

Related Articles

Back to top button