Local News

Lede geniet 'n oggend gevul met vriendskap en musiek

Die Emmanuelgroep het weereens 'n aangename byeenkoms by die Alberton LewenSentrum, met alombekende kunstenaar, Nico Booijse, geniet.

Nico het musiek van verskeie kunsternaars vanuit die ou dae, die meer moderne tyd, en ook van sy eie musiek aangebied.

Lede van die groep het die optrede terdeĆ« geniet en gesellig oor ‘n koppie koffie en tee met verversings gekuier.

Die volgende byeenkoms sal weer by die LewenSentrum op 18 Julie gehou word waartydens die bekende kunstenaars Ryan Walt en Steven Stirling sal optree.

DiƩ byeenkoms begin om 09:30 vir 10:00 en toegang is soos gewoonlik gratis. Daar sal wel donasies opgeneem word waarmee die kunstenaars vergoed sal word.

Vir verdere inligting kan Marelie Rabie by 082 462 8676 geskakel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Supplied content

This content originated outside of Caxton Local Media, but we thought that you might find it interesting.

Related Articles

Back to top button