Schools
Ories atlete kwalifiseer vir SAs
Laerskool Orion is breëbors van trots en spog graag met die skool se atlete wat vir die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe gekwalifiseer het.
Met hierdie prestasie wil die skool gelukwense oordra aan Mila Scholtz (1 200m), MartMari Rautenbach (verspring en 75m hekkies) en Minke Scholtz (1 500m).
“Om op hierdie vlak deel te neem is reeds ’n reuse prestasie, en julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding werp nou vrugte af. Julle verteenwoordig nie net julself nie, maar ook ons hele Orie-gemeenskap met trots!” het Danny Last van die skool gesê.

“Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle en staan bankvas agter julle. Baie sterkte vir die kampioenskappe. Gee alles en geniet elke oomblik.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



