Skool verwelkom toekomstige Rakkers en Rantie leerders
Laerskool Randhart se Graad RRR tot Graad Een ekspo het aan elke besoeker die geleentheid gebied om die ware en warm klop van Randhart te ervaar. Talle voornemende Rakkers en Ranties het die terrein verken deur middel van ’n opwindende reis deur die skool. Elke klein ontdekker het ’n paspoort ontvang en op ’n interaktiewe
Laerskool Randhart se Graad RRR tot Graad Een ekspo het aan elke besoeker die geleentheid gebied om die ware en warm klop van Randhart te ervaar.
Talle voornemende Rakkers en Ranties het die terrein verken deur middel van ’n opwindende reis deur die skool. Elke klein ontdekker het ’n paspoort ontvang en op ’n interaktiewe en prettige wyse aan verskeie aktiwiteite deelgeneem – van akademie en sport tot kultuur.

Só het hulle ’n heerlike voorsmakie beleef van wat voorlê as jy deel van die Rantie-familie word.
“Dit was ’n voorreg om al die pragtige gesiggies en sprankelende persoonlikhede te ontmoet.
Die Ranties en Rakkers se harte klop vuurwarm en ons sien met groot opgewondenheid daarna uit om elkeen volgende jaar in ons familiekring te verwelkom,” het Micheal Prinsloo van die skool gesê.




