Ranties spog met onnies
Laerskool Randhart sê baie geluk aan Micheal Prinsloo wat as spanbestuurder van vanjaar se o13B streekhokkiespan aangestel is.
Die skool wens hom alle sterkte toe vir die toernooi wat van 27 Junie tot 1 Julie plaasvind.
“Mag dit ’n besonderse ervaring en groot sukses wees. Dit is ’n puik prestasie en ’n bewys van meneer se toewyding en liefde vir die sport. Ons vier dit graag saam met hom,” het ’n woordvoerder van die skool gesê.
Die skool dra ook sy gelukwensing oor aan juffrou Zanulé Fouché wat verkies is as bestuurder en skeidsregter van die o16 All Ages Gamma-netbalspan.

Die toernooi vind van 28 Junie tot 2 Julie by Hoërskool Dr EG Jansen plaas.
“Die Ranties is ongelooflik trots op juffrou Zanulé. Dankie dat jy ons skool met soveel trots, professionaliteit en entoesiasme verteenwoordig. Ons weet jy gaan ’n groot verskil maak.”



