Local sportSchools
Ranties se fietsryers trap hul harte uit
Laerskool Randhart het geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer aan ’n fietsrykompetisie by Riversands Farm Village deel te neem.
Die Ranties se fietsryers het hulself besonder goed van hul taak gekwyt.
Met 31 deelnemers het Randhart ’n uitstekende 34ste plek uit 100 skole behaal. Vir ’n eerste wedren is dit ’n uitsonderlike prestasie wat getuig van harde werk, deursettingsvermoë en spantrots.
Die skool is ongelooflik trots op elke fietsryer wat hierdie mylpaal moontlik gemaak het.






At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



