Local newsNews

‘n ‘Explosion’ vir die liefde van sing

Anzelle Kamffer, ‘n 17-jarige leerling aan die Hoërskool Dr E G Jansen, met ‘n liefde en passie vir sang, bied Saterdag, 31 Augustus, “Explosion”, ‘n musikale konsert by Laerskool Rynfield, aan.

Anzelle bied vir ander wat in haar liefde vir musiek deel sang lesse by hul tuiste in Rynfield aan.

Die konsert is die lootsing van “Over Time”, haar en haar broer, Heinrich Kamffer (19), se tweede CD en ook die blootstelling van haar sang studente se talente.

Die aangeleentheid sal optredes deur Sonja van Rooyen (Gospel sangerres en lid van Tehila sanggroep), Chaz Lasado en al Anzelle se sang studente, sowel as dansers en ‘n vuur danser, insluit.

Anzelle en Heinrich gaan ook ‘n paar snitte van hul nuwe CD opvoer sowel as ‘n paar nuwe items.

Hulle het beide sang onderrig begin ontvang in 2007.

Heinrich, wie tans ‘n tweede jaar meganiese ingenieurs student by Tukkies Universiteit se eerste CD was “Bietjie van my” en Anzelle se eerste CD was “Ietsie van alles”.

Die twee het hulle vermoeëns gekombineer en as resultaat hul nuwe album opgeneem.

Die aand is oorspronklik Anzelle se initiatief om sodoende aan haar sang studente die geleentheid te bied om op te tree in ‘n vermaaklikheids omgewing eerder as in ‘n kompeterende een.

Haar studente reeks vanaf ses-jarige ouderdom na 32 jaar en is afkomstig van verskeie instansies veral hoërskole en universiteite.

Beide Heinrich en Anzelle huldig die opinie dat hul talente gebruik moet word om te dien as spreekbuis tot eer van God aangesien die talent van Hom af kom.

Hulle is ook van mening dat jy moet gee en geleenthede vir ander ook moet skep omdat hulle glo alles gaan nie oor “jou” nie en dat daar ‘n plek in die son vir almal is.

Die vertoning sal 17.30nm vir 18nm begin.

Vir verdere inligting, skakel vir Adri Kamffer by 083 448 5163.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Benoni City Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button