Local newsNews

Lewensentrum neem deel aan reuse uitreik

Die Northmead Gemeente Oosrand Lewensentrum het op 24 Desember aan 'n "Miracles in the Park" massauitreik deelgeneem.

Die Oosrand, Wesrand, Alberton en Vaaldriehoek Lewensentrums het op hierdie dag gesamentlik by die Laerskool Môrewag, in Brakpan, met die onbaatsugtige hulp van 187 vrywilligers, aan 1 110 mense elk ’n stel klere, kospakkie, geskenk, boereworsrol en koeldrank gegee.

Die kinders is bederf met speletjies, gesigverf, springkastele en springmielies, terwyl gebedspanne ‘n geestelike boodskap aan gesinne bedien het.

“Ons het baie besonderse oomblikke en spesiale ‘miracles’stories saam beleef, en net weer besef dat, waar God se liefde is, daar altyd wonderwerke kan gebeur,” het Natalie Marx, van die Oosrand Lewensentrum, gesê.

Die sentrum bedank almal wie ‘n bydrae tot die uitreik gelewer het.

“Saam maak ons ‘n verskil in ons gemeenskap,” vertel Marx.

Lede van die gemeenskap wie betrokke wil raak by toekomstige uitreike, kan vir Marx by 011 568 0790, of by natalie@ols.org.za, kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Benoni City Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button