NewsSchools

Hans Moore se hoekstene waar hulle hoort

Twee historiese gedenkstene is op 2 Maart by Hoërskool Hans Moore onthul.

Die Hoërskool Hans Moore se geskiedenis strek amper 90 jaar terug, toe die Oosrandse Ambagskool in Benoni, in 1927, gebou is.

Een fondasiesteen is toe aangelê, en die volgende jaar, toe die gebou geopen is, is ‘n tweede steen aangelê.

Beide hierdie gedenkstene is afkomstig van die ou “East Rand Trade School” wat in Liverpoolweg, Benoni-Suid geleë was.

Dit is waar die Hoërskool Hans Moore se naam ontstaan het.

Met die verskuiwing van die skool in 1987, na die huidige gebou op Dalrymplestraat, het die pad begin om hierdie hoekstene deel van die huidige gebou te maak.

Die skool bedank graag vir Dawid Durand (beheerliggaam ondervoorsitter en ouer), asook Paul Fourie (oud-leerling en ouer), vir hulle aandeel in die verkryging van hierdie hoekstene.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Benoni City Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button