Local newsNews

Village Walk inwoner word 100

Hennie Coetzee het op 6 Desember sy honderdste verjaarsdag gevier.

Hennie Coetzee het op 6 Desember sy honderdste verjaarsdag gevier.

Die Village Walk inwoner het gesê dat hy net nog deur God se genade leef.

Coetzee het gesê sy verjaarsdae is spesiaal, want hy spandeer dit saam met mense wat omgee.

“Hierdie jaar sal ek my verjaarsdag saam met my familie en vriende spandeer,” het hy gesê.

Coetzee het die City Times ’n bietjie oor sy lewe vertel.

“Ek het op die spoorweë as rekenmeester gewerk,” het hy gesê.

“Ek het twee seuns grootgemaak, maar albei is oorlede.

“Voor sy dood, het my een seun weer getrou en deur my skoondogter het ek ‘n hele familie ryker geword.

Haar twee seuns met hulle gesinne is ook nou my kinders. Ek het ook ‘n kleindogter wat oorsee woon.

“Ek en my skoondogter het ‘n mooi verhouding en sy versorg my nou op my oudag.”Hy het die jeug aangeraai om gesond te eet en aktief te bly.

Die grootste les wat hy geleer het, is om altyd eerlik te wees.

ALSO READ:

Covid-19 cannot stop letters to Santa

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button