Local newsNews

Plaaslike tak slaan gemeenskap-projekte vir ‘n driekuns

Die organisasie onderneem om verdere projekte van die aard deurgangs aan te pak.

AfriForum se Benoni-tak het in Januarie ongeveer ses hektaar se gras in openbare spasies onder beheer gebring.

Ten spyte van die hittegolf het lede nie die gras onder hul voete laat groei nie, toe hulle ingespring het om twee parke op te ruim.

“Met behulp van grassnytrekkers is die gras in the park tussen Mowbray, Kimbolton en Wootenstrate gesny,” het Jurie Ferreira, distrikskoördineerder vir die Oos-Rand, gesê.

Meer as 18 sakke vol tuinvulis is gedurende die opruimingsprojekte bymekaar gemaak.

“Lede het verder ook omgesien na die park op die hoek van Prince’s laan en Main Reefstraat. Verder is onkruiddoder op die sypaadjies van Great Northweg gespuit.”

Hy het gesê dat gedurende die opruimingsprojekte het lede van die publiek taklede genader om verder betrokke te raak om sodoende ‘n bydrae te lewer om die stad se skoonheid en netheid te bevorder.

LEES OOK: AfriForum bult spiere om paaie op te ruim

LEES OOK: AfriForum vul slaggate

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Benoni City Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button