EntertainmentLocal newsNews

KYK: Kletsrymer dans deur die strate

Op die ritme van sy eie deuntjie wil Vanilla Dutchmen, luisteraars inspireer.

Op die skoolbanke van Hoërskool Brandwag, het Gareth Booth sy tande geslyp op poësie.

Sy notaboek het bestaan uit gedigte met verse van optimisme wat uit sy pen gevloei het.

Nou, amper ‘n dekade later, het die Benoni besigheidsman en inwoner van Ravenswood, Boksburg, sy passie vir ritmiese rympies ingespan om lewe te gee aan sy kletsrym (rap) persoonlikheid, Vanilla Dutchman.

Vroegoggend stap Gareth, sy besigheid op Pretoriaweg, Rynfield, binne, reg om sy nege tot vyf skof aan te pak.

Met ‘n koppie stoomende boeretroos in die hand, smelt Gareth stadig weg en Vanilla ‘sluit’ by die geselskap aan.

“Ek was ‘n goeie sanger, toe skop tiener hormone in en my engel stem het skieklik in ‘n brul verander,” het hy met ‘n breë glimlag gesê.

“Dit is toe, dat ek aanklank as ‘n woordsmid gevind het. In 2017 het ek begin eksperimenteer om melodies by my gedigte te sit, kletsrym het daar vlam gevat.”

Met meer as 11 000 volgelinge op Facebook en 3 000 op TikTok, gebruik Gareth die platvorms om sy lirieke ten toon te stel en so doende aanhangers te bemoedig.

“Jis, die lewe is tans moeilik en mense sukkel om soms die lig aan die einde van die tonnel te sien. Kletsrym word oor die algemeen vereenselwig met krutaal, geweld, seks asook dwelm en drank misbruik. Alhoewel ek die genre geniet poog ek om die stereotipe te herskryf.”

@vanilla.dutchman

Bringing UNITY❤️💙💚🖤💛 #fyp #xyzcba #afrikaans #vanilladutchman #trendingvideo @Berserk bra

♬ Lus vir ‘n Ding – Vanilla Dutchman & Berserkbra

Van oumas to kinders, glo Gareth alle gades sal sy musiek kan geniet en moontlik ‘n gouerandjie van hoop uit die lirieke pluk.

“Ek is nie musikaal aangelê nie, maar met behulp van my vervaardiger, Brannaz, kompineer hy ‘beats’ wat my woorde tot lewe bring. Ek ‘gig’ nie tans nie en poog eers om my musiek katalogus op te bou.”

Agter die stuur van sy betroubare bakkie, ry hy gereeld deur die strate van Boksburg en Benoni opsoek na niskvermoedende talentvolle individue om deel te wees van sy blits musiek videos.

“Ek het onlangs ‘n groep akrobatiese straatdansers by die Rynfield Brandweerstasie teegekom en hulle ingespan om hul talente ten toon te stel op my enkelsnit, Lus vir ‘n ding,” sê hy.

“Die manne het ‘moves’ en ek hoop dat deur dié blootstelling hulle talent verder geslyp kan word.

“God het my al so veel geseën en my missie is om my volks broers en susters ook te seën. Ongeag van jou taal, kulteer of kleur, almal wil net ‘n plekkie in die son hê,”

Oor sy opkoomende huwelik, beskryf Gareth sy liefdestaal vir sy straalende verloofde, Eliana Botes, sy familie, vriende en medemens as een van bediening.

“Ek wil mense help, ek wil mense sien glimlag en ek wil mense help om die mooi in die lewe te geniet,” het hy gesê.

“Mense wat gelukkig is, is die mooiste. Al druk die lewe hoop ek dat die wysies van my musiek dalk hulle heupe laat swaai en die woorde ‘n glimlag deur hul oë laat skyn.”

LEES OOK: KYK: Musiek is vir Dodo Nyoka ‘n kommunikasiemiddel

LEES OOK: Plaaslike sangeres hoop haar nuwe enkelsnik raak mense

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Benoni City Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button