Volkspelers bring vreugde aan seniors met sang en dans
Die laer is op 13 Desember 1965 gestig en die eerste Volkspele is in die Hoërskool Dr EG Jansen saal onder leiding van Frans Nolte gehou.

Inwoners van die Trans-50 Witfield Park Aftreeoord het ‘n jolige tyd gehad tydens die onlangse kaperjolle van die Inspan Volkspelelaer.
Tydens die vrolike geleentheid by die oord het Volkspelers van so ver as Nylstroom en Pretoria die gehoor opgekikker met hul danspassies en sang.

Stiaan van der Walt, laerleier, het die dag as ’n sukses beskryf.
“Ons is beïndruk met hoe die kaperjolle verloop het. Almal het dit geniet.”
Met die weer wat mooi saamgespeel het, is daar ook tydens die geleentheid piekniek gehou.

Die laer nooi gemeenskapslede met ’n Afrikanerhart om aan te sluit en saam die aktiwiteite te geniet.
Vir navrae, kontak Marita van der Walt, sekretaris, by 074 116 5497.
LEES OOK: Sluit aan by dié Volkspelelaer
LEES OOK: Volkspelers kom bymekaar vir kaperjolle























