High SchoolKidsLocal newsNews

Brandwag vier 100% slaagsyfer

“Matriek is die begin van ‘n opwindende toekoms, geniet dit.”

Vir die tweede agtereenvolgende jaar het Hoërskool Brandwag ‘n 100% matriek slaagsyfer behaal.

‘n Totaal 79.4% van die leerders het korting tot graadstudies verwerf met ‘n verdere 19.4% wat korting tot diplomastudies bereik het.

Waarnemende hoof, Cheree Avenant het verlede jaar se prag uitslae toegeskryf aan die leerders asook personeel wat meer as net hul werk gedoen het.

“Ons onderwysers wei hulself toe om elke akedemiese tree saam met die leerders te stap,” het sy gepronk.

“Elke kind is vir ons belangrik en ons is trots om hul by te staan terwyl hulle aan hul toekomste bou.”

Uitblinker, Jayden Smit het agt onderskeidings ingepalm.

“Sedert Graad 10 het ek ‘n doelwit gestel om nege onderskeidings te behaal,” het die matriekulant gesê.

“Ek is wel baie tevrede met my uitslae.”

Jayden, wat dié jaar by die Univesiteit van die Witwatersrand (Wits) gaan aansluit om sy BSc Biologiese Wetenskappe studies te voltooi, sê mense dink soms dat akedemiese presteerders voltyds aan hul boeke gegrendel is.

“Ek is bevoorreg dat ek maklik informasie behou en dus neem studies nie soveel van my tyd op nie,” het hy gesê.

“Met behulp van my ouers was ek daartoe instaat om ‘n gesonde balaans tussen pret en studies te behou. Ek glo dit is nodig om gegrond te bly wanneer eksamen spanning toeslaan.”

Met sy oog om ‘n toekoms in die mediese veld the bou, sê die voormalige onderhoofseun, dat die matrieks wat in hul voetspore tree, nie Graad 12 as die einde van ‘n hoofstuk moet sien nie, maar eerder as die begin van hul toekomsdrome.

“Matriek is nie ‘n berg wat jy moet uitklim nie maar eerder die wegspringblokke van jou lewenspad. Hou moed en streef om elke dag beter te wees as die vorige dag,” het hy as ‘n boodskap vir die klas van 2026 gesê.

LEES OOK: Brandwag Klas van 1985 kom bymekaar

LEES OOK: Brandwag spog met 99.4% slaagsyfer

   

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Benoni City Times in Google News and Top Stories.

Jani de Beer

Jani went from working as a student intern for the Boksburg Advertiser to being employed as a junior journalist in 2004. Taking time out to start a family, she returned to the Caxton family in 2022 as senior journalist for the Benoni City Times. Her passion is telling her community's stories.

Related Articles

Back to top button