LettersLocal newsNewsOpinion

Brief aan die Redakteur: Metro moet aandag skenk aan stad se waterbronne

Wanneer kan inwoners ’n sigbare verbetering in die lug- en waterkwaliteit van ons stad verwag?

Selma Bezuidenhout, Rynfield, skryf:
Boksburg en Benoni is waterstelsels is in ‘n haaglike toestand. Wanneer gaan die Stad van Ekurhuleni se bestuur en wyksraaslede standpunt in neem?

Die damme en mere in die Benoni sentrale sakekern het krisisvlak bereik en kort dringende aandag.
‘n Ondraaglike stank reuk word veral gemerk wanneer mens die Benoni middestad nader vanaf die N12 hoofweg.

Dit is verstikkend en affekteer die daaglikse lewe van inwoners en pendelaars.

Die oormatige groei van hiasinte verstik die natuurlike ekostelsel en skep ’n digte deklaag wat nie net die waterkwaliteit vernietig nie, maar ook gevaarlike voorwerpe of besoedeling daaronder verberg.

Die stank is dikwels ’n teken van rioolbesoedeling of ontbindende materiaal, wat ’n direkte teelaarde vir siektes en ongediertes is.

Dit is ’n skending van ons reg op ’n skoon en veilige omgewing.

As belastingbetaler wil ek sien dat planne rondom die volgende in plek gestel word:
• Die Stad van Ekurhuleni se onmiddellike plan is om die hiasinte te verwyder.
• Stappe geneem word om die bron van die besoedeling asook stank te identifiseer en te stop.

LEES OOK: Dankie, William Webb Ellis!

LEES OOK: “I am still here”: Blesbokspruit wetland’s quiet fight for survival.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Benoni City Times in Google News and Top Stories.

Jani de Beer

Jani went from working as a student intern for the Boksburg Advertiser to being employed as a junior journalist in 2004. Taking time out to start a family, she returned to the Caxton family in 2022 as senior journalist for the Benoni City Times. Her passion is telling her community's stories.

Related Articles

Back to top button