“Hartseer Ouer” skryf:
’n Wheely asblikman loop in die straat en soek hout. Aangesien ek hout op die plot het wat ek van ontslae wil raak, sê ek hy kan kom hout vat.
Nodeloos om te sê, een middag toe hy loop seën hy my en ek kan nie verstaan dat hy so bly is oor die hout nie.
Nodeloos om te sê, toe ek my 30-jaar oue skilpad soek na haar winterslaap wanneer hul gewoonlik iewers wegkruip, is sy nêrens te vinde nie.
My skilpadkind het ’n hektaar gehad wat sy in kon loop en niemand het haar ooit leed aan gedoen of iets anders as mooi goed oor haar gesê nie.
Sy sal nooit weer ’n broodjie kom eet nie.
Sy sal nooit weer water kom drink nie.
Sy sal nooit weer voor die agterdeur veryby waggel nie.
Sy is dood, dood, hy die gevoelloose het haar opgevreet.
Toe die wheely asblikman weer kom, vra ek hom hoekom vat hy my kind wat in die tuin loop.
Sy antwoord was “Ek is jammer” herhaal hy so vier keer met ’n glimlag op sy gesig.
“Ek is honger” en wys na sy maag en een van die helpertjies wat saam met hom is.
Die wheely asblikman het die hele wêreld om te loop maar hy moes kies om my skilpad kind te vat en op te vreet.
Die wheely man was nie die eerste man wat hier ingekom het nie maar na dese glo ek hy sal die laaste wees.
Wees gewaarsku. As hy dalk by jou aanklop dat hy maar die wheely asblik buite los en jy weet wat hy in die asblik gaan sit.
Ek weet regtig nie hoe gaan ek vir die kind sê ’n wheely asblikman het sy 30-jarige skilpad gevreet nie.
Barmhartigheid is na wese vir my ’n vloekwoord.
Follow us on these platforms:
Like our Facebook page and follow us on Twitter.
For news straight to your phone invite us:
WhatsApp: 079 431 1217
Instagram: benonicitytimes.co.za
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Boksburg Advertiser, Springs Advertiser, Brakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.


