Benoni akteurs genooi om te oudisie vir ‘n rol in Die Rypmaakkamer
Die sluitingsdatum vir aansoeke is 30 April.
Lefra Produksies beplan om die veelbesproke en internasionale treffer, The Curing Room, van David Ian Lee, in Afrikaans op te voer by die Mark Teater in Johannesburg as Die Rypmaakkamer.
Oudisies vir die volgende karakters gaan vanaf 2 tot 4 Mei by die Mark Teater in Johannesburg gedoen word:
* Kaptein Victor Nikolov (25-30)
* Senior Luitenant Sasha Ehrenberg (30-35)
* Luitenant Vasili Kozlov (30-35)
* Junior Luitenant Leonid (Diere “Killer”) Drossov (30-40)
* Weerman Nils Sukeruk (40-50)
* Weerman Georgi Poleko (20-25)
* Weerman Yura “Yuri” Yegerov (20-25)
Al die karakters is soldate en moet dus ook soldate se bou en fiksheid reflekteer.
Die Rypmaakkamer sal van 11 tot 30 Junie by die Mark Teater opgevoer word en repetisies sal ook gedoen word van 20 Mei tot 9 Junie.
Belangstellende akteurs kan hul CV en ’n onlangse vollengte foto aan admin@lefra.com stuur.
Vir navrae, epos info@lefra.com
Follow us on these platforms:
Like our Facebook page and follow us on Twitter.
For news straight to your phone invite us:
WhatsApp: 079 431 1217
Instagram: benonicitytimes.co.za
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Boksburg Advertiser, Springs Advertiser, Brakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail



