InternationalSport

Springs hierdie keer te sterk vir Boksburg

Dit was as’t ware ’n wipplankstryd wat enige kant toe kon gaan.

Springs Rugbyklub het in ’n naelbyt-stryd te Olympia Park vir Makopano Boksburg Rugbyklub die loef afgesteek in die 2020/21 Makopano Covid Memorial Cup.
Die Uile (Boksburg) het ’n nederlaag van 29-26 teen Springs gely.
Na afloop van die wedstryd het Boksburg se voorsitter, Rinus van der Linden, gesê: “Dit was ’n harde wedstryd en meer fisiek as die eerste wedstryd toe ons Springs tuis gespeel het.

“Wat ons so ’n bietjie gekelder het is dat daar redelik baie strafskoppe teen ons toegestaan is. Dit was redelik ’n gelykop stryd. Ons is goed daarmee om agter die doellyn te kuier en het ook meer drieë as hulle gedruk.

“Die Uile se speler wat uitgestaan het is binnesenter Damian Diedericks, maar hy moes ongelukkig so 10 minute in die tweede helfte van die veld af weens ’n besering. Hy is ook as die KWV Speler van die Wedstryd aangewys.”
Puntemakers: Willem Botes (drie), Henry Pike (drie, doelskop, drie strafskoppe), Damian Diedericks (drie).

Ander spanne se uitslae:
Boksburg se tweedespan verloor 10-3 teen Springs.
Boksburg se o-20’s verloor 46-17 teen Springs.

Lees Ook: Boksburg Rugbyklub op die wenpad

Lees Ook: Plaaslike rugbyspeler gaan Leeus verteenwoordig

   

Related Articles

Back to top button